Cyrilliese syfers

Voorbeelde van Cyrilliese syfers.
’n Horlosie in Soezdal met Cyrilliese syfers.

Cyrilliese syfers is ’n syferstelsel wat van die Cyrilliese skrif afgelei is. Dit is in die laat 10de eeu in die Eerste Bulgaarse Ryk ontwikkel en is ook deur Suid- en Oos-Slawiese volke gebruik. Die stelsel is tot vroeg in die 18de eeu nog in Rusland gebruik totdat Pieter die Grote dit met die Arabiese syferstelsel vervang het. Cyrilliese syfers word soms nog aangetref in boeke wat in Kerkslawies geskryf is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search